Local newsNews

‘n Onvergeetlike see-uitstappie

Die Sektor 3 Gemeenskapspolisiëringsforum het onlangs 'n gemeenskapsbraai gehou en sommer geld vir die Theodore Huis vir Bejaardes ingesamel vir hulle seevakansie.

Agt inwoners van die Theodore Huis vir Bejaardes in Rant-en-Dal word binnekort met ‘n heerlike reis see toe bederf.

Die lede van Sektor 3 se Gemeenskapspolisiëringsforum het op 1 Maart tyd afgestaan om ‘n gemeenskapsbraai vir al die lede van hulle sektor te hou en het al die gelde wat hulle daardie dag ingesamel het aan dié tehuis geskenk.

Rinie Oosthuizen, skakelbeampte van Sektor 3 sê ‘n sanger het by hulle opgetree het wat gevra het dat al die lede sy R100 moes ewenaar.

“Ons het in ‘n paar minute ‘n redelike bedrag ingesamel en kon daarmee vir elke bejaarde wat see toe gaan ‘n handdoek, strandsak, strandhoed en lekkergoed vir die pad voorsien.”

Sy bedank elkeen wat ‘n bydrae gelewer het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button