CrimeNews

VIDEO: Boewe teiken hawe vir vroue

Die bromponies was hulle kans op 'n nuwe lewe en toe word dit gesteel.

Hulle het nét die stukke begin optel na ‘n lewe van dwelmverslawing en mishandeling toe steel inbrekers die hulpmiddels wat vir hulle ‘n beter toekoms sou gee.

“Inbrekers dink seker nie veel oor hul slagoffers nie maar dié wat Saterdagnag 12 April by my sentrum ingebreek het en twee bromponies gesteel het, het twee vroue van geleenthede beroof om ‘n beter toekoms te hê,” vertel stigter van die Cradle of Hope House of Restoration, Melodie van Brakel.

Die omstandighede waaronder die vroue by die sentrum beland het verskil, maar hulle het een ding in gemeen – hulle is hul enigste vervoermiddels kwyt.

“Die bromponies was ons enigste manier om by die werk uit te kom,” vertel een van die vroue wat weens omstandighede anoniem wil bly.

Van Brakel vertel dat ‘n vaste werk ‘n baie belangrike deel van die proses is om die vroue se menswaargheid te herstel en hul lewens in ‘n produktiewe en postiewe rigting te stuur nadat hulle slagoffers van misdaad of dwelmmisbruik was.

Een van die vroue het aan die news vertel hoe sy alles weens dwelmmisbruik verloor het en dat haar bromponie, na ‘n jaar en half van rehabilitasie, die eerste item was wat sy kon koop.

“Met die bromponie het ek na seminare en besighede toe gery waar ek kontakte gehad het om motiveringstoesprake te doen,” vertel sy.

Haar sterk akademiese agtergrond het ook onlangs vir haar baie werk in ander rigtings verseker, maar daarvoor het sy vervoer nodig.

Sy het 'n punt in haar lewe bereik waar sy deur haar motiveringstoesprake ander oor die gevare van dwelms wou inlig, maar nou is sy gestrand omdat haar bromponie gesteel is.
Sy het ‘n punt in haar lewe bereik waar sy deur haar motiveringstoesprake ander oor die gevare van dwelms wou inlig, maar nou is sy gestrand omdat haar bromponie gesteel is.

Die tweede slagoffer se bromponie was ‘n geskenk.

“Ek werk vir ‘n skoonmaakdiens en dit was ‘n vinnige manier om by die huise te kom wat ek skoonmaak. Ek stap nou – dis maar net die blase op my voete en die tyd wat dit neem wat ‘n uitdaging is,” vertel sy.

Melodie sê dat sekuriteit ‘n groot kommer by die sentrum is.

“Behalwe vir die onlangse inbraak kry ons gereeld dreigemente van gewelddadige mans; die mans wie se vroue by ons skuil.

“Dwelmbase en mensehandelaars het al op die dak rondgeloop om in die huis te probeer inkom,” vertel Melodie.

“Brandstigters het onlangs ook drie keer probeer om die huis aan die brand te steek.”

Sy vertel dat die sentrum nie geld het om sekuriteit op te knap nie.

“Ek kan nie nou kring-TV-kameras of sekuriteitsdienste bekostig nie.”

Die Cradle is hoofsaaklik afhanklik van skenkings en ontvang geen staatshulp nie.

Vir meer inligting of om skenkings te doen, kontak vir Melodie by 011 660 4623.

Kyk gerus die video vir meer oor die sentrum:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button