Elections 2014Local newsNews

Burgers voel dis nutteloos om te stem

'n Groot aantal Suid-Afrikaners sien nie die nut daarin om 'n kruise te gaan trek in vanjaar se verkiesing nie.

Ongeveer 43 persent van die volwasse bevolking in Suid-Afrika is van mening dat die verkiesing betekenisloos is, het die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) Donderdag in ‘n verklaring gesê.

Die RGN het in 2013 bevind dat 43 persent (twee vyfdes) van mense met die stelling saamstem dat, “Stemmery is betekenisloos omdat geen politikus vertrou kan word nie”.

Altesaam 41 persent van die volwasse bevolking stem ook met die volgende stelling saam: “Nadat hulle verkies is, is alle partye dieselfde, so stemmery dien geen doel nie”.

Die RGN het die voorverkiesingopname tussen 2003 en 2013 gedoen.

Ongeveer 79 per sent van die deelnemers het egter toegegee dat dit elke burger se plig is om te stem.

“Die sin van verkiesingsverantwoordelikheid het die afgelope dekade tussen 77 persent en 86 persent gefluktueer,” lui die verklaring.

“Dit is bemoedigend en onderskei ons van ander meer volwasse demokrasieë in Europa en Noord-Amerika waar die pligsbesef besig is om af te neem.”

Sowat 74 persent van deelnemers tussen 18 en 19 jaar oud, en 78 persent van diegene ouer as 50 glo dat stemgeregtigde kiesers aan die verkiesing moet deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button