Elections 2014LettersNewsOpinion

Stem DA; ons kan dit regkry

DA parlementêre verteenwoordiger vir Mogale City Anchen Dreyer skryf:

Die verkiesing op 7 Mei is die belangrikste sedert 1994.

Met die verkiesing in 1994, het Suid-Afrikaners geglo dat ons ‘n reënboognasie geword het wat in staat was om die hoogste sport te bereik. Nelson Mandela het uitgereik na almal en wou verseker dat alle Suid-Afrikaners ‘n konstruktiewe rol in die nuwe Suid-Afrika sou speel.

As land het ons inderdaad ook vordering gemaak met die uitbreiding van basiese dienste en met opvoedkundige geleenthede. Die ekonomie het gegroei. Werk is geskep.

Maar, hierdie droom het begin vervaag – en al hoe vinniger onder Jacob Zuma. In talle dele van die land is die infrastruktuur besig om te verkrummel – paaie vol slaggate, gebarste pype, gebrekkige watertoevoer en elektrisiteitstekorte. Selfs meer kommerwekkend, is regeringsinstansies wat misluk soos wat bekwame persone vervang word met familielede, kamerade en meelopers.

Ons in die DA glo egter dat burgers nie aan hierdie lot oorgelaat hoef te word nie. Ons is vasberade om hierdie situasie om te keer.

Beginnende met die bewindsoorname in Kaapstad in 2006 en daarna in die hele Wes-Kaap in 2009, het die DA bewys dat dit doeltreffende diense op korrupsievrye wyse kan lewer, spesifiek ook aan arm mense. Ons moet dit regoor Suid-Afrika doen.

Die DA is die enigste party wat sedert 1994 in elke verkiesing gegroei het, en sal ook in die huidige verkiesing groei. Verder wys meningspeilings dat die ANC se steun in Gauteng tot onder 50 persent gedaal het. Ons het dus ‘n kans om ook in ons provinsie ‘n alternatiewe regering tot stand te bring.

Ons kán dit regkry, maar slegs as kiesers in hulle massas vir hierdie verandering gaan stem. Kom ons ruk op en maak geskiedenis!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button