Elections 2014Local newsNews

Kiesers trek eerste kruisies in Krugersdorp

Kiesers van oral in Krugersdorp wat aansoek gedoen het om spesiale stemme se kruisies is getrek.

Krugersdorp se bejaardes en ander kiesers wat aansoek gedoen het om spesiale stemme was op Dinsdagoggend 6 Mei reeds vroeg uit die vere om hul kruisies te trek.

Werknemers van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) was om 7vm reeds langs beddens en in sitkamers om kiesers te akkommodeer en daarna was hulle op hul pos by stempunte oral in die dorp om vir kiesers te wag.

Die news het ‘n paar stempunte besoek.

By Westcol College in die middedorp het verkiesingswerknemers vertel dat agt van die nege kiesers wie se aansoeke goedgekeur is voor middagete hulle kruise getrek het. ‘n Bekende naam wat in Krugersdorp gestem het nadat sy om ‘n spesiale stem aansoek gedoen het, is Gauteng se Premier Nomvula Mokonyane.

Mokonyane het haar opgewondenheid oor die verkiesing op sosiale media uitgespreek en genoem dat sy dankbaar is vir haar demokratiese reg om te kies wie die land moet lei.

Sy het ook ‘n video-opname gemaak van haar uitstappie stembus toe om dit met die land te deel.

Volgens die OVK is daar dié dag geen ongerymdhede in Krugersdorp gerapporteer nie.

Meer as 400 000 kiesers het landwyd aansoek gedoen om spesiale stemme.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button