CrimeLocal newsNews

Bejaardes se veiligheid lê GPF na aan die hart

Die inwoners van Moria ouetehuis se veiligheid word opgeskerp danksy 'n handige skenking.

Dit kan moeilik wees om die polisie of noodienste in noodgeval dadelik te bereik.

Dis juis daarom dat Krugersdorp Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) Sektor 3 se woordvoerder Rienie Oosthuizen sê dat die forum aan Krugersdorp se kwesbaarste inwoners – die bejaardes – hulp wil verleen vir daardie onvoorspelbare tye van nood.

Die GPF het Maandag 19 Mei ‘n tweerigtingradio aan die bestuur van Moria Ouetehuis geskenk wat volgens voorsitter Piet Sparks ‘n kommunikasiekanaal is met 260 ander lede wat hulp kan verleen in ‘n tyd van nood.

Sparks noem ook dat die forum direk in kontak is met noodienste soos die 107 noodlyn en die brandweer.

Moria Ouetehuis is die vierde tehuis wat ‘n tweerigtingradio van Sektor 3 ontvang.

Die bestuurder by die ouetehuis, Annetjie Griesel bedank die forum namens al die inwoners vir die skenking.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button