Local newsNews

Hennie trek sy kruisie met sy voet

Bosman het sy reg uitgeoefen om tydens die verkiesing te stem en het vir 'n spesiale stem aansoek gedoen.

Hennie Bosman (62) is gestremd en ‘n inwoner van die Luipaardsvlei Tehuis vir Bejaardes.

Sy gestremdheid verhoed hom egter nie om ‘n normale lewe te lei nie. Hy doen alles wat ander mense as vanselfsprekend aanvaar, net op sy eie manier.

DA raadslid Hetta Kruger, wat die proporsionele verteenwoordiger in die wyk is, glo hy is ‘n inspirasie vir baie mense en laat hulle met met nuwe oë na hulleself kyk.

Bosman het sy reg uitgeoefen om tydens die verkiesing te stem en het vir ‘n spesiale stem aansoek gedoen – dit terwyl daar volgens statistieke baie mense is wat nie as kiesers geregistreer is nie of bloot nie gestem het nie.

“Dankie vir al die kiesers wat in die Jubileum Saal in Lewisham gestem het,” sê Kruger.

Provinsiaal het die DA 56,69 persent van die stemme gekry en nasionaal 54,91 persent, sê sy.

“Daar wag baie uitdagings om meer kiesers in Soul City en Tudor Shaft in die munisipale verkiesing in 2016 te trek en sodoende wyk 16 te wen.

“Dit is nie onmoontlik nie as almal wat in wyk 16 woon, registreer en stem.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button