Local newsNews

Dié Koevert se tweede album geseël

Die plaaslike sanger en liedjieskrywer Gert Koevert het sy jongste album Op pad vrygestel.

Die plaaslike sanger en liedjieskrywer Gert Koevert se jongste album Op pad is in die geselskap van vriende, familie en bewonderaars in die Eeufeessaal vrygestel.

Dié album volg in die voetspore van sy eerste album Geseëld wat sowat twee jaar gelede vrygestel is.

Talle bekendes in die vermaaklikheidswêreld soos die Afrikaanse rasperstem-rocker Adam Tas en Lydia Winchester (publisiteitsbeampte) was in die gehoor om hulle steun aan Koevert te wys.

Gert Koevert en sy orkes besig om liedjies van sy jongste album te speel.
Gert Koevert en sy orkes besig om liedjies van sy jongste album te speel.

“Ek is hier om my vriend met sy nuwe CD te ondersteun,” het Adam vinnig aan die news genoem voordat daar foto’s geneem is.

Studente van die Rhythm In Us dansateljee het ‘n paar dansnommers uitgevoer voordat Koevert en sy orkes die res van die aand die gehoor met snitte van sy jongste album bekoor het.

Dansers van die Rhythm In Us dansateljee.
Dansers van die Rhythm In Us dansateljee.

Sy album bevat ‘n verskeidenheid rockliedjies, maar daar is ook ‘n paar jolige boeremusiek- en countrytreffers.

Koevert beskryf die inspirasie vir dié album kort en kragtig: “Alles op die album is dinge waarvan ek hou”.

Die titelsnit, Op pad vertel van die fisiese afstand tussen twee geliefdes en beskryf die langpad soos dit deesdae ervaar word met padwerke, tolhekke en dies meer.

Martin en sy vrou Ronel Vos en Erica en haar man Theo Strydom was in die gehoor om hulle steun aan Gert Koevert te wys.
Martin en sy vrou Ronel Vos en Erica en haar man Theo Strydom was in die gehoor om hulle steun aan Gert Koevert te wys.

Een van die interessante stilhouplekke op die album is die liedjie getiteld Noord-Wes wat saam met die klanke van die banjo en konsertina ‘n storie van sy eie vertel.

Koevert se kreatiewe veelsydigheid word ook in drie Engelse liedjies saamgevat.

Tien van die 12 liedjies op sy album kom uit sy eie pen. Die ander twee is deur John Buckley geskryf.

Buckley het die vervaardiging van die album behartig en Ricus Nel het die liedjies met die klanke van die banjo en konsertina ingekleur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button