Diamantbruilof vir paartjie
Die paartjie het die mylpaal saam met hulle kinders, ses kleinkinders en agterkleinkind met koek en sjampanje gevier.
Nic en Bets Olivier het in Mei ‘n besonderse mylpaal in hul huwelik bereik.
Die paartjie het hul 60ste huweliksherdenking op 8 Mei saam met vriende en familie gevier en hul geheime vir ‘n suksesvolle huwelik gedeel.
Nic en Bets se liefdesverhaal begin met die gesegde, ‘liefde met die eerste oogopslag’.
Hulle het albei toe hulle jonger was van die kerk af na hulle onderskeie losieshuise toe gestap en so mekaar ‘raakgeloop’. Die res soos hulle sê is geskiedenis.
Die paartjie is in Reitz in die Vrystaat getroud en het drie kinders.
Bets het by die munisipaliteit in Frankfort gewerk en Nic was daar in diens van die spoorweg.
Die paartjie het die mylpaal saam met hulle kinders, ses kleinkinders en agterkleinkind met koek en sjampanje gevier.
En wat is hulle resep vir ‘n suksesvolle huwelik?
“Geduld, vertroue en kommunikasie,” sê Bets en Nic.
Die news wens die paartjie alle voorspoed toe vir die toekoms.
