Local newsNews

Sterte kwispel warmer

Talle honde en katte van die Krugersdorp DBV sal hierdie winter warmer kan slaap.

Die diere van die Krugersdorp Dierebeskermingsvereniging (DBV) sal hierdie winter ‘n bietjie warmer in hulle hokke kan slaap.

Dit is danksy die hulp wat twee eiendomsagente tot dusver van die gemeenskap ontvang het.

Jandré en sy ma Hanle Lategan van die RE/MAX Beyond 2000-groep in Kenmare het verlede maand ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om ‘n kombers in enige vorm na hulle te neem wat hulle dan aan die DBV sal oorhandig.

Op hierdie manier is 110 komberse ingesamel wat met heerlike stories gepaardgaan.

Hanle vertel dat ‘n seuntjie die berig in die news (27 Mei) gelees het en toe vreeslik gehuil het.

“Sy ma het vir ons gesê hy wil weet hoe hy kan slaap as die hondjies nie ‘n warm bed het nie.”

Hy het toe al sy sakgeld gebruik om twee komberse te koop.

Jandré sê die kombersprojek is tot dusver ‘n sukses en hulle sal daarmee volhou.

“Mense is steeds welkom om komberse vir ons te bring, want die winter is nog lank en die nood is steeds daar.”

Die DBV sê hulle het ook kos vir die diere nodig, veral katkos.

Komberse in enige vorm sowel as kos vir die diere kan gedurende kantoorure by die agentskap op die hoek van Clarestraat en Shannonweg afgelewer word.

Daar is ook ‘n houer by die VHF Sportwinkel in die Pick n Pay Noordheuwel Sentrum beskikbaar waarin komberse geplaas kan word.

Vir meer inligting kontak Jandré by 082 893 4440 of vir Hanle by 082 591 3725.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button