‘n Krugersdorpse polisiebeampte is in aanhouding nadat hy gearresteer is in verband met die moord op ‘n Munsieville-inwoner.
Die saak waarby die 28-jarige konstabel betrek word, word tans deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek.
Die slagoffer en die beampte het na bewering in ‘n struweling betrokke geraak waartydens die slagoffer glo die beampte se motor aan die brand gesteek het. Volgens Opod-woordvoerder Moses Dlamini het die beampte die slagoffer 10 keer geskiet.
Hy sê ook dat die beampte ten tye van die voorval nie aan die diens was nie en dat hy die skote met sy dienswapen afgevuur het.
Hou die news se webtuiste dop vir nuwe verwikkelinge en hofgebeure in die saak.
