Local newsNews

VIDEO: Vierpotiges vier heldedag

'n Heldedag vir honde is by die Walkhaven Hondepark in Muldersdrift gehou.

Alle honde is op hulle eie unieke manier hulle eienaars se helde.

Op ‘n koue wintersoggend het die sterte van talle vierpotiges opgewonde gewaai toe hulle ‘n dag saam met ander harige vriende by die Walkhaven Hondepark in Muldersdift kon spandeer.

Dié pretdag was deel van die Purina Husky Heldedag, wat in samewerking met die DStv-kanaal kykNET en die tydskrif Animaltalk gehou is.

Brett Judnick gee vir Bee, 'n Alaskiese Malamoet, 'n stywe drukkie.
Brett Judnick gee vir Bee, ‘n Alaskiese Malamoet, ‘n stywe drukkie.

Cherize van Wyk van kykNET sê die dag was ‘n sukses ten spyte daarvan dat hulle meer mense daar sou wou hê.

https://www.youtube.com/watch?v=DS24zTOSRT4&feature=youtu.be

“Ek dink die koue het hulle weggehou, maar ek was steeds verbaas oor die opkoms wat ons gehad het.”

Sy sê dit is die twee keer dat die heldedag by Walkhaven gehou is. Die eerste keer was in 2012.

“Die doel was om mense en hulle vierpotige vriende vir ‘n dag te bederf, want jou diere bly maar altyd jou lewenslange vriende. Dit is lekker om so ‘n dag te reël en die gemeenskap betrokke te kry,” sê Van Wyk.

'n Insetsel vir die Woef & Kie televisieprogram is ook die dag verfilm.
‘n Insetsel vir die Woef & Kie televisieprogram is ook die dag verfilm.

Die dag was propvol vermaak vir die vierpotiges en hulle mensebase.

Opgewonde honde het in die lug gespring toe die dag se program met ‘n stap om die dam begin is. Daarna is verskeie kompetisies gehou waartydens die grootste, kleinste, lelikste en bes geklede honde aangewys is.

‘n Verskeidenheid hondesport is aangebied en toertjies soos karretjie trek en dans met honde is gedemonstreer.

Die span van kykNET wat die dag in samewerking met die tydskrif Animaltalk gereël het.
Die span van kykNET wat die dag in samewerking met die tydskrif Animaltalk gereël het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button