
‘n Verdagte wat van aanranding op ‘n watertoringwag aangekla is omdat hy glo sy wapen wou steel, is tans in aanhouding danksy ‘n flink reaksie-offisier van EPR-sekuriteitsmaatskappy.
Volgens Mac van Zyl van EPR was reaksie-offisier Riekert du Plessis besig om sy skof oor te gee toe hy ‘n paniekbevange gil uit die rigting van ‘n munisipale watertoring in Shannonstraat hoor.
Du Plessis het gaan ondersoek instel en gesien hoe die verdagte die wag met ‘n baksteen aanrand. Hy het die verdagte gearresteer nadat dié probeer vlug het.
“Die verdagte is aan die SAPD oorhandig en is in aanhoudig,” sê Van Zyl.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
