CrimeNews

Sekuriteitsvoertuig moontlik beroof

'n Sekuriteitsvoertuig is glo in Luipaardsvlei van die pad gedwing en beroof.

Pritchardstraat in Luipaardsvlei het vandag (25 Junie) net voor die etensuur in ‘n misdaadtoneel verander.

Volgens inligting is ‘n Fidelity Sekuriteitsvoertuig van die pad gedwing om beroof te word. Dit is onduidelik of iemand tydens die beweerde rooftog beseer is.

Met die news se aankoms was lede van die Krugersdorp Polisie reeds op die toneel en was die area reeds afgesper terwyl talle nuuskieriges saamgedrom het.

Ongelukkig kon die news se verslaggewer nie baie foto’s neem nie omdat polisielede hom verbied het om verder foto’s te neem.

Niemand op die toneel kon egter verduidelik wat gebeur het nie.

Polisielede op die toneel waar 'n Fidelity Sekuriteitsvoertuig in Pritchardstraat beroof is.
Polisielede op die toneel waar ‘n Fidelity Sekuriteitsvoertuig in Pritchardstraat beroof is.

Die news het Wahl Bartmann, die Hoof Uitvoerende Beampte van Fidelity Sekuriteit gekontak, maar is ingelig dat hy tans op ‘n sakebesoek in die Kaap is en eers later inligting sal kan gee.

Intussen wag die news ook op Tshepisho Mashale, Krugersdorpse polisiewoordvoerder vir inligting.

Enigiemand met meer inligting kan Jacobus Myburgh by 011 955 1130 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button