CrimeNews

Vrou steeds vermis na afdanking by werk

'n Ma van drie is reeds maande lank vermis nadat sy in 2013 by haar werk afgedank is.

Michelle Julius (43) van Pinehaven het elke oggend aangetrek, haar ma en drie kinders gegroet en werk toe gegaan; ‘n werk wat haar familie later moes uitvind sy maande tevore al verloor het.

Donderdag 31 Oktober 2013 het sy weer aangetrek, haar ma en kinders gegroet, maar nooit weer huis toe gekom nie.

Toe haar ma Maggie Marks haar werkgewer later kontak is sy ingelig dat haar dogter maande tevore afgedank is.

Na byna ‘n jaar sonder enige nuus oor waar haar dogter is sê Marks dat die onbeantwoorde vrae haar siek maak.

“Ek weet nie meer waarvoor om te hoop nie, of wat ek vir haar kinders moet sê nie,” sê Marks.

Maar sy voeg by dat hulle nie sal ophou hoop nie.

“Ons sal aanhou glo dat sy leef en dat sy huis toe gaan kom,” sê Marks.

Julius se ma moes intussen haar drie tienerkinders aanneem.

Volgens Marks sukkel die kinders om alles te verwerk omdat hulle baie na aan hul ma was.

Sy sê ook dat hulle akademies briljant gevaar het maar dat hul punte gedaal sedert hul ma nie meer daar is nie.

Krugersdorp Polisiewoordvoerder Tshepiso Mashale doen ‘n beroep op die gemeenskap om na vore te kom indien enige iemand meer inligting oor Julius se verdwying het.

Kontak Maggie Marks by 082 498 9484.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button