CrimeLocal newsNews

Sy skrop die nagmerries weg

Sy doen wat geen geliefde moet doen nie.

As die trane gestort is, forensiese spesialiste hul handskoene uittrek en die laaste polisievoertuig by ‘n moord- of selfmoordtoneel wegry stap Petro Venter met haar oorpak en emmers by die deur in.

Venter, ‘n misdaadtoneelskoonmaker en iemand met senuwees van staal, was al op verskeie moord- en selfmoordtonele in Krugersdorp waar sy alle tekens van bloed en menslike weefsel na die tyd moes opruim.

Misdaadtoneelskoonmakers word gebore en nie opgelei nie, vertel Venter wat duidelik trots is op dit wat sy doen.

“Alhoewel ek bloedvlekke skoonskrop en menslike weefsel opvee, het my werk ‘n ander kant; ek troos dié wat oorbly na die nagmerrie en doen wat geen geliefde veronderstel is om te doen nie,” sê sy.

Venter wat nog altyd mense dien en troos gee in traumasituasies was aan die begin van haar loopbaan sewe jaar lank ‘n verpleegster. Daarna het sy 20 jaar vir die Wes-Randse Distrik Munisipaliteit se brandweerdiens gewerk.

Sy het daar ook die plafon bereik en een van die eerste bevelvoerende brandweeroffisiere geword.

“Nou,” sê Venter, “verlig ek trauma op ‘n unieke manier” – iets wat sy nog altyd wou doen.

Venter se besigheid wat sy onder die naam Crime Scene Clean Up bedryf, lewer ook ander dienste soos om opgaarderhuise skoon te maak, mediese afval te verwyder en toksiese tonele skoon te maak.

Vir meer inligting kontak Petro Venter by 076 342 0176.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button