Local newsNews

‘n Ton hondekos vir Fora

Fora sê hulle waardeer enige hulp wat hulle van die gemeenskap ontvang.

Friends of Rescued Animals (Fora) is met een ton hondekos van Supreme Pet bederf.

Karen Hechter, ‘n verteenwoordiger van Supreme Pet in Randfontein sê hulle skenk gereeld hondekos aan Fora.

“Ons het al op verskeie geleenthede in die verlede kos geskenk en beplan om dit nog baie in die toekoms ook te doen.”

Sy is self ‘n groot diereliefhebber en sê dit laat haar met ‘n warm gevoel as daar iets vir die diere gedoen word.

“Dit is nie vir my lekker om die hartseer gesigte van die diere te sien nie, maar dit is vir my lekker om te sien hoe daar ‘n verskil in die diere se lewens gemaak word.”

Die hondekos wat aan Fora geskenk is, is ‘n geballanseerde maaltyd vol minerale, vitamines en omega 6.

Ruben Hensberg van Fora sê hulle is baie dankbaar vir die kos wat hulle ontvang het.

“Ons benodig altyd kos vir die diere en enige hulp wat ons kry word waardeer.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button