CrimeLocal newsNews

Talle betogers geboei na geweld

'n Groep betogers wat motors met klippe bestook het en bande gebrand het is agter tralies.

44 mense is vandeesweek gearresteer op aanklag van publieke geweld gedurende ‘n diensleweringsprotes in Tarlton.

Inwoners het hul glo Maandagoggend (30 Junie) tot protesaksie gewend omdat hul elektrisiteit sonder waarskuwing afgesny is.

Die protesaksie het verkeer op die N14-snelweg sowel as die R24 geaffekteer en motoriste moes van alternatiewe roetes gebruik maak.

Volgens polisiewoordvoerder Lungelo Dlamini is 44 betogers gearresteer nadat hulle bande gebrand het en motors met klippe bestook het.

Polisie het dieselfde dag nog die protesaksie onder beheer gehad en volgens Dlamini was paaie weer die volgende dag geopen.

Hy sê dat polisie geen geweld toegepas het om die protesaksie te stop nie en het bygevoeg dat polisie die area sal monitor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button