CrimeNews

Gereedskapdief op kamera vasgevang

Elke beweging van die dief is op kringtelevisie vasgelê.

‘n Besigheidseienaar in Voortrekkerweg wat in 14 jaar nog nie deur misdaad geraak is nie het R10 000 se skade gely toe daar by sy perseel ingebreek is.

Die inbreker – ‘n man vermoedelik in sy laat twintigs – is Maandag (23 Junie) op kringtelevisie vasgelê waar hy by Raymond Howes se perseel inbreek en later spore maak toe ‘n alarm afgaan.

Beeldmateriaal wys hoe ‘n senuweeagtige inbreker by Howes se werkswinkel inhardloop.

Die boef let later op dat die winkel met kring-TV toegerus is en gebruik ‘n besemstok om die kamera weg te draai. Hy loop dan deur die werkswinkel waar hy ‘n gereedskapkas vat.

Later loop hy na ‘n kantoor in die werkswinkel waar sy beweging deur die ogie van ‘n alarm opgetel word, waarna hy paniekbevange weghardloop.

Die inbreker wat ‘n baadjie met fluoresseerstrepe daarop aangehad het, het glo ook skade by ‘n naburige besigheidsperseel aangerig toe hy daar probeer inbreek het.

‘n Diefstal is intussen by die polisie aangemeld.

Howes doen ‘n beroep op die gemeenskap om na vore te kom indien hul meer inligting oor die inbreker het. Hulle kan vir Howes kontak by 011 955 1546.

Hy waarsku ander besigheidseienaars om seker te maak dat hul sekuriteitswagte te alle weet wat op en om hul persele aangaan.

“As wagte skofte ruil moet hul steeds op hul hoede wees,” beveel hy aan.

Verwante artikels

Krugersdorp laptop thief caught on camera

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button