Junior Ernst Kruger, ‘n inwoner van Krugersdorp-Noord het R153 000 se skade gely toe sy motorfiets Woensdag (9 Julie) uit die parkeerarea van die kompleks waar hy woon gesteel is.
Volgens Kruger het hy na kringtelevisie-beeldmateriaal van die omliggende area gekyk maar kon geen verdagtes sien nie.
Nog ‘n inwoner van die kompleks in 4de Straat is ook dieselfde aand geteiken en is glo haar bromponie kwyt.
Die bromponie is wit met rooi harte daarop.
Kruger se hy vermoed dat die motorfietse tussen middernag en 5vm gesteel is.
“Die motorfiets was my trots en ek moes hard werk om hom uiteindelik te kon koop,” se hy.
Hy sy dat daar min van die motorfietse in die Wes-Rand area is en doen ‘n beroep op die gemeenskap om navore te kom indien hulle sy blou Suzuki Hayabusa (sien foto) sien.
Indien enigiemand meer inligting oor die motorfietse het, kan hulle Kruger by 072 217 9650 kontak.
