Local newsNews

Skoolverlaters kry ‘n kykie in die skoonheidsindustrie

Matrikulante speel 'n dag lank naeltegnikus.

Planet Nails Krugersdorp het hulle eerste entrepeneursdag op Donderdag (10 Julie) gehou.

Agt meisies van Hoërskool Monument het ‘n kort naelkursus bygewoon. Die kursus was gratis en hulle het ook al die naelprodukte gratis ontvang.

Volgens Amanda Naudé van Planet Nails was die doel van die dag om skoolverlaters bekend te stel aan een afdeling van die skoonheidsindustrie.

Planet Nails Krugersdorp beoog om nog sulke dae te hou en indien ander skole belangstel kan hulle navraag doen by Planet Nails by Voortrekkerweg 262, Monument, 011 954 0272 of hulle kan vir Amanda kontak by amanda.pn@vodamail.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button