CrimeNews

Motorfietsdief se gesig op kamera vasgevang

Wees op die uitkyk vir die vermeende motorfietsdief.

’n Inbreker se gesig is op kringtelevisie vasgevang tydens ’n vermeende poging om drie motorfietse te steel in Krugersdorp-Noord.

Inwoners wat byna die derde slagoffers van motorfietsdiefstal in een week in die area geword het, het foto’s van kringtelevisie-beeldmateriaal aan die news verskaf wat die beweerde tweewieldief se gesig duidelik wys.

Volgens die inwoners wat anoniem wil bly uit vrees vir nog ’n inbraak of viktimisering wys die beeldmateriaal hoe die man ‘n muur uitklim om toegang tot hul erf te kry.

“Dit lyk soos ’n kat wat teen die muur opseil. Die volgende oomblik beweeg hy in die erf rond,” vertel hulle.

Hy bestudeer dan die motorfietse in die erf en wag vir ’n paar minute.

Daarna spring hy weer oor die muur en verdwyn van die toneel af.

Die dief dra ’n balaklawa op die beeldmateriaal, maar kenmerke soos sy oë en neus is duidelik sigbaar.

20140714_185639 copy

’n Week vantevore het die news oor twee gevalle van motorfietsdiefstal in dieselfde area berig en teen druktyd is geen arrestasies gemaak of motorfietse opgespoor nie.

Krugersdorp Polisie-woordvoerder Tshepiso Mashale raai inwoners aan om hul motorfietse in motorhuise of uit die oog te parkeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button