Local newsNews

Hofinterdik teen Numsa bekragtig

Twee plastiekfabrieke in Factoria het daarin geslaag om 'n hofinterdik teen die metaalwerkersvakbond Numsa te bekragtig.

Twee maatskappye in Factoria het daarin geslaag om ‘n interdik teen die metaalwerkersvakbond Numsa by die Hooggeregshof te bekragtig.

Dit volg nadat Numsa drie weke gelede werknemers van die Strapping & Profile Manufacturers en Flexinet SA geïntimideer asook eiendom tydens hulle staking beskadig het.

Beide maatskappye het niks met die huidige staking te doen nie aangesien hulle in die vervaardiging van plastiek betrokke is.

Die hofinterdik wat deur regter Mabesela goedgekeur is verbied Numsa-lede om binne 150 meter van die geboue af te staak.

_MG_954_599227906
Stakende Numsa-lede het derduisende rande se skade aangerig toe hulle klippe na ‘n fabriek geslinger het en 48 ruite gebreek het.

Voorts word Numsa-lede ook verbied om enige werknemers, verskaffers, kliënte en die publiek te intimideer, te teister, aan te rand of daarmee te dreig. Hulle mag ook nie enige persoon toegang tot die perseel weier nie en hulle stakende optrede mag ook nie met die klaers se sakebedrywighede inmeng nie. Die hofaansoek noem ook dat geen eiendom deur die lede beskadig mag word nie.

‘n Afskrif van die hofaansoek is aan Numsa se bestuurslede gestuur en afskrifte is ook by al die ingangshekke van die besighede aangebring.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens moet sien dat daar by die bepalings van die hofinterdik gehou word en indien die lede hulle daarteen verset moet Numsa die hofkostes dra.

Hennie Meyer, eienaar van Strapping & Profile Manufacturers het vroër aan die news gesê die stakers se optrede het sowat R150 000 se skade aangerig. Altesaam is 48 ruite asook ‘n motor beskadig toe klippe na die gebou geslinger is.

Die Numsa-lede staak vir ‘n 12-persent salarisverhoging asook vir ‘n R1 000 se behuisingstoelaag het Sam Rabiese, een van die stakers aan die news bevestig.

Soortgelyke stories:

Strike will cause economy and families to suffer

Numsa marchers hits local streets

Werknemers deur Numsa-lede geviktimiseer

VIDEO: Nog ‘n besigheid word deur Numsa-lede geteiken

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button