CrimeNews

Nog ‘n gemaskerde verdagte sak toe

Nog 'n man met 'n balaklawa word by 'n huis in Krugersdorp-Noord betrap.

Kort na die news verslag gelewer het oor twee motorfietsdiefstalle en een beweerde poging om motorfietse in Krugersdorp-Noord te steel het nog ‘n inwoner wat ‘n soortgelyke ervaring gehad het navore gekom.

Charl Vorster het ‘n skermskoot van kringtelevisiebeeldmateriaal aan die news gestuur van ‘n man wat hy onlangs op sy erf betrap het. Die beweerde dief het eers ‘n balaklawa gedra en toe later afgehaal.

Volgens Vorster blyk dit of die beweerde dief nie in huishoudelike goedere belanggestel het nie maar eerder in motorfietse en motors omdat hy nie ‘n poging aangewend het om in die huis te kom nie.

Hy vermoed ook dat die man nie alleen werk nie.

Die man het toegang tot Vorster se erf verkry deur sy hek van die spoor af te lig. Hy raai inwoners dus aan om ekstra veiligheidsmaatreëls in plek te stel as dit by hul hekke kom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button