Local newsNews

Belegger twee ure in leeukamp vasgekeer

Die man en sy agtjarige nefie is na die wildtuin geneem waartydens hulle besluit het om die leeukamp te besoek.

Volgens Vryheidsfront Plus raadslid en inwoner van Krugersdorp het die raad nog ‘n toets gedruip.

Die raadslid sê dat ‘n buitelandse belegger glo vir twee ure lank in die Krugersdorpse Wildtuin in ‘n leeukamp vasgekeer was.

Amanda de Lange het haar misnoeë uitgespreek oor die manier waarop ‘n sakeman van Kenia behandel is terwyl hy die wildtuin verlede week besoek het.

“Hy stel belang om ‘n kinderstigting op die been te bring wat ook die bewaring van diere insluit.”

Die man en sy agtjarige nefie is deur Esmé Minnie van Krugersdorp na die wildtuin geneem waartydens hulle besluit het om die leeukamp te besoek.

“Meters van die hek wat na die uitgang lei, het die gehuurde motor onklaar geraak en kon hulle nie verder ry nie. Dié hek was met ‘n slot gesluit.

“Dit is jammer dat besoekers aan ‘n openbare park twee ure lank moes sukkel om hulp te kry. Hulle hulp het uiteindelik van buite die park gekom. Die wildtuin is so vervalle dat dit miljoene gaan kos om die restaurant, woonwapark, leeukamp, lapas en rondawels weer op ‘n redelike standaard te kry,” noem De Lange.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button