CrimeEditor's choiceLocal newsNews

Sowat 25 honde al vergiftig

Vergiftigings het in die laaste twee maande begin toeneem.

Die feit dat ‘n aantal honde onlangs in Krugersdorp vergiftig is, wek groot kommer by die polisie en gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s) in die area.

GPF-voorsitter John van Rooyen het Woensdag 30 Julie gesê dat 25 honde binne sewe maande in die area vergiftig is en dat die landbougifstof aldikarb daarvoor gebruik word.

Hy sê dat daar ‘n toename in die aantal vergiftigings in die afgelope twee maande voorgekom het en waarsku inwoners dat diewe hul huiswerk doen voor hulle op ‘n huis toesak.

“Party doen hulle voor as haweloses en krap in asblikke voor die huis wat hul teiken om roetines en beweging by die huis te monitor,” sê hy.

news-verslaggewer Jacobus Myburgh het verlede Desember ondersoek ingestel na die beskikbaarheid van aldikarb in Krugersdorp.

Hy het bevind dat ‘n teelepel aldikarb – beter bekend as Temik of Two Step – teen R5 vrylik beskikbaar is in die strate van Krugersdorp.

‘n Veearts van die Noordvet Dierekliniek in Noordheuwel, dr Johan Ferreira het aan die news gesê dat een teelepel van dié gif genoeg is om ‘n klompie honde dood te maak.

Hy het gesê dat aldikarb een van die vele middels op die mark is wat gebruik word om diere te vergiftig, maar dat dit die goedkoopste is en vinnig werk.

Ferreira het ook gewaarsku dat gif in vleis verdoesel word en vir diere gevoer word.

Kliek hier vir wenke oor hoe om vergiftiging te voorkom en hoe om jou hond te behandel indien jy vermoed dat hy vergiftig is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button