Local newsNews

Vroue-Landbou-unie hou verjaarsdagpartytjie

Krugersdorp VLU vier hul 56ste bestaansjaar.

Net meer as 30 vroue het by die Wes-Randse Vereniging vir Persone met Fisiese Gestremdhede se perseel (WRAPD) bymekaar gekom om die Vroue-Landbou-unie (VLU) Krugersdorp-tak se 56ste bestaansjaar te vier.

Dit was ‘n kleurvolle en feestelike geleentheid met ballonne en allerlei partytjiebykomstighede.

Volgens Nitzi van Rensburg, die tak se skakelbeampte het die Krugersdorp VLU ‘n baie ryk geskiedenis en het lede vir die afgelope halfeeu baie bygedra tot die bemagtiging van vroue en gemeenskapswelsyn.

Van Rensburg, ook die voorsitter, het weer beklemtoon dat die VLU ‘n organisasie is wat vroue aanmoedig om hulself op alle terreine van vrouwees te verryk sodat hulle ‘n bydrae kan lewer tot hul gesin en die gemeenskap.

Skakelbeampte Nitzi van Rensburg met 'n kleurvolle partytjiehoed.
Skakelbeampte Nitzi van Rensburg met ‘n kleurvolle partytjiehoed.

Sy het genoem dat die stereotipering dat die unie net vir bejaarde vroue is, ver van die waarheid af is. “Ons nooi graag jonger vroue om deel te word,” sê sy.

Gedurende die tak se 56 jaar in Krugersdorp het een ding beslis uitgestaan – die unieke handvaardighede wat hulle vir vroue leer. Dit sluit in naald-, brei- en hekelwerk, kunsvaardighede, blommerangskikking, bak, produkte bottel, fotografie en nog baie meer soos modes en tendense verander en ontwikkel.

VLU is nie meer net op die boervrou gerig is nie. Alhoewel van die lede se mans nog boer, woon die meerderheid lede in dorpe en stede.

“Die Krugersdorp-tak se lede is dinamiese vroue wat regdeur sy bestaan daarna gestreef het om op alle lewensterreine van vrouwees te verryk en verryk te word, en om van diens vir die gemeenskap te wees. Vir die volgende 56 jaar en meer sal dit die doelwit bly,” sê Van Rensburg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button