Local newsNews

Gemeenskap swoeg dae aaneen om wegholbrand te blus

Die brand het binne drie dae wyd versprei en inwoners moes ingryp en help blus.

Inwoners van Rant-en-Dal en omliggende areas moes noodgedwonge saamstaan om vlamme te blus toe ‘n wegholbrand tussen twee bekende toeristebestemmings in die area uitbreek.

Volgens inwoners het die brand vroeg Maandagoggend 25 Augustus tussen Sterkfontein Heritage Lodge en Saronde Valley-kampterrein uitgebreek, waarna hulle taai stryd begin het om die vlamme in die digbeboste gedeelte van Krugersdorp te blus.

Besigheids- en huiseienaars, gemeenskapspolisiëringsforum-lede en inwoners het almal saamgespan en van vroeg tot laat vure doodgeslaan.

Teen Woensdagmiddag het die news op ‘n duidelike uitgeputte en roetbedekte Saronde Valley-kampterreinbestuurder Joe Hugill afgekom waar hy steeds besig was om vlamme te blus terwyl hy vrywilligers in die area uitstuur.

“Ons moet gereeld brande in die area blus, maar dié jaar was die taak baie moeiliker as gevolg van natuurelemente, droë gras en die takke wat nooit verwyder is nadat die plaaslike raad se werkers die bome gesnoei het nie,” sê hy.

Op sy bakkie was daar handgemaakte 20 liter-spuittoestelle wat almal leeg was.

Volgens Hugill was die gemeenskap van groot hulp en hy glo dat die brand moontlik baie skade sou kon aanrig as die nie vir die flink en vinnige werk van vrywilligers was nie.

Hugill vermoed dat die brand moontlik by ‘n groep informele huisies in die area ontstaan het.

Die voorval het die kollig op die bevoegdheid van die plaaslike brandweerdiens, sy werkers en hulpbronne geplaas.

Kliek hier om die opvolg artikel te lees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button