Moontlik haar grootste nagmerrie het vir ‘n ma van Oatlands, Krugerdorp waar geword toe sy moes hoor dat haar driejarige dogter in die sorg van ‘n oppasser gemolesteer en verkrag is.
Aan die begin van die jaar het die news berig oor die voorval op ‘n kleinhoewe in die area en dat ‘n verdagte gearresteer is.
Na maande van hofverskynings en die een na die ander gedetailleerde verklaring is die verdagte uiteindelik skuldig bevind en sal volgende maand gevonnis word.
Die skuldige, Mathys van Zyl is onder andere op aanklag van seksuele aanrading skuldig bevind aan die hand van verskeie bewysstukke wat getuieverklarings insluit.
Die hof moes hoor hoe Van Zyl sy klein slagoffer se mond met maskeerband toegeplak het, hoe hy haar klere afgeruk het en dan gemolesteer en later verkrag het.
Die molestering het meer as een keer plaasgevind en uiteindlik ‘n punt bereik waar die kind vir ‘n week lank gebloei het.
Die verklarings was dié van die klein slagoffer se tweelingsussies, 7, wat alles deur ‘n oop badkamerdeur voor hulle sien afspeel het.
Volgens verslae moes die kinders strawwe ondervragingsessies ondergaan om te bepaal of hulle by hul aanvanklike weergawe van gebeure sou hou.
Regter George Maluleke is aangehaal waar hy sê dat hy nie vir oomblik in die kinders se getuienis en weergawe van gebeure twyfel nie omdat hulle te veel detail kon gee en by hul weergawe gehou het.
Daar is ook later in die hof bekend gemaak dat Van Zyl in 2009 ‘n nabye familied – ‘n 11-jarige meisie – seksueel aangerand het.
Verwante artikels:
• Sesjarige meisie gemolesteer
• Alleged sexual offender’s case to resume next month
• Pedophile claims children encouraged sexual assault
