CrimeNews

Inwoners van landelike gebiede aangeraai om hulself te beskerm

Inwoners word aangeraai om veiligheidsmaatreëls te verskerp

Die burgerregte-organisasie AfriForum doen ‘n dringende beroep op almal in landelike gebiede om by veiligheidstrukture betrokke te raak na die vlaag plaasaanvalle in Augustus vanjaar.

“Augustus was ‘n rillermaand wat aanvalle betref. Daar was 22 bevestigde plaasaanvalle, waarvan vyf moorde was. In die afgelope drie maande is 17 moorde by ons aangemeld,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

Cameron versoek dat mense in landelike gebiede betrokke raak by veiligheidsinisiatiewe waar daar proaktief opgetree kan word om aanvalle af te weer.

Volgens hom is daar talle landbou-organisasies, privaat instansies en gemeenskapsinisiatiewe soos dié van AfriForum, waarby mense betrokke kan raak.

“Die staat versuim om mense te beskerm; ons moet dit dus self doen. Die staat sê dikwels dat ons nie kan optree nie, maar ons het ‘n reg as burgers om ons lewens en eiendom te beskerm,” sê Cameron.

“Volgens ons syfers was daar al minstens 87 bevestigde plaasaanvalle in 2014,” sê Cameron. AfriForum se statistiek is boonop konserwatief bereken.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button