Local newsNews

Trokbestuurder hardloop van ongelukstoneel af weg

Die bestuurder en sy passasier het uit die voertuig gespring en weggehardloop.

Die motors het in die slag gebly toe ‘n vragmotorbestuurder beheer verloor het en sy voertuig in die pad van aankomende verkeer beland het.

Die ongeluk het die middag van 11 September in die rigting van Key West winkelsentrum in Voortrekkerweg plaasgevind.

Die news het op die toneel met Shawn Singh gepraat. Hy was een van die slagoffers en bestuurder van die eerste voertuig wat getref is.

“Die vragmotor was van Muldersdrift na Krugersdorp onderweg en het met die R28 afgekom,” vertel Singh.

Verskeersowerhede ondersoek die inhoud van die vragmotor vir leidrade wat kan help om die bestuurder op te spoor.
Verskeersowerhede ondersoek die inhoud van die vragmotor vir leidrade wat kan help om die bestuurder op te spoor.

Singh wat in daardie stadium in sy Corsa-bakkie in Voortrekkerweg gery het sê hy het gesien hoe die vragmotor op twee wiele in ‘n glipweg ingaan en buite beheer raak.

“Toe ek weer sien was hy oor die middelman. My opsies was beperk en binne etlike sekondes was ek betrokke in ‘n kop-aan-kop-botsing,” sê hy.

“My bakkie is beslis afgeskryf maar ek kon uitklim.”

Kort na Singh is twee ander voertuie getref. Die beseerde insittendes is later na ‘n nabye hospitaal geneem.

Shawn Singh se Corsa-bakkie word kort na die ongeluk weggesleep.
Shawn Singh se Corsa-bakkie word kort na die ongeluk weggesleep.

Die vragmotor het uiteindelik dwars oor die pad tot stilstand gekom, waarna die bestuurder en ‘n passasier wat albei in blou oorpakke geklee was uit die vragmotor gespring en van die toneel af weggehardloop het.

Singh vertel dat hy die twee mans agterna gesit het maar dat hy hulle nie kon inhaal nie.

Plaaslike polisie, verkeersowerhede en lede van die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) was op die toneel.

Krugersdorp Polisie-woordvoerder Tshepiso Mashale het bevestig dat ‘n soektog na die bestuurder geloods is en dat ‘n klag dat ‘n ongelukstoneel verlaat is en een van roekelose en nalatige bestuur ondersoek sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button