CrimeEditor's choiceNews

Motorfietsdiefstal ‘n dubbele geldlas vir gesin

Die keer kan sy dit doodeenvouding nie bekostig om die motorfiets vervang nie.

Chantel Labuschagne en haar gesin wat minder as ‘n jaar gelede na ‘n kleinhoewe in Oatlands verhuis het, was sedertdien twee keer slagoffers van motorfietsdiefstal.

Na ‘n tweede inbraak net na middernag op 10 Oktober sê Labuschagne dat sy dit net nie meer kan bekostig om die motorfietse wat gesteel is te vervang nie.

“Die motorfiets was my 11-jarige seuntjie s’n; hy het hom pas leer bestuur,” sê sy moedeloos.

Uit vrees vir haar en haar seuntjie se veiligheid wou Labuschagne nie ‘n foto van haar gesig laat publiseer nie.

Sy vertel dat sy en haar man inligting aan die polisie verskaf het oor moontlike sindikate in die Krugersdorp-omgewing wat motorfietse steel en dan uitmekaar haal om die onderdele te smous.

“Die inligting is nooit opgevolg nie en ek weet nie of ons motorfietse dalk daar is nie,” sê sy moedeloos.

Daar was ook geen arrestasies in verband met die twee diefstalsake wat sy aanhangig gemaak het nie.

Volgens haar is haar gesin een van ‘n skokkende aantal huishoudings in die area waar motorfietse onlangs gesteel is.

“In sommige gevalle word motorfietse oor meters hoë palissadeheinings gelig,” vertel Labuschagne.

Sy bied ‘n kontantbeloning aan vir enige iemand wat meer inligting het oor waar die motorfiets – ‘n Honda Screemer 80cc –is.

“Ek sal dit die moeite werd maak vir die persoon wat met inligting vorendag kom,” beloof sy.

Persone met meer inligting kan vir Chantel kontak by 073 691 0485.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button