Local newsNews

Plaaslike koor nou op CD

Die CD, 'Hier's my hand' is nou beskikbaar.

Hoërskool Monument se spogkoor, Monnaskoor het Woensdagaand 22 Oktober tydens ‘n glans galadinee by Usambara hul CD Hier’s my hand vrygestel.

Begeleidster Elamrie de Beer sê dis ‘n eerste in die skool se geskiedenis dat die koor ‘n CD opneem; sy sê dit is ‘n reuse mylpaal vir kultuur by die skool.

“Koorleier Duncan Fourie het saam met die koorlede ure deurgebring totdat elke snit perfek was,” sê sy.

Fourie wat al drie jaar by die koor betrokke is, het tydens die CD-vrystelling gesê dat die koor die skool se eerstespan is op kultuurgebied en by kore van regoor die land kan kers vashou.

Skoolhoof Johan Calitz sê, “die koor is ‘n klomp talentvolle jongmense”.

“Die musiek op die CD is hoendervliesmooi en ‘n bederf vir die ore,” sê hy.

Vir navrae of om ‘n CD te koop, skakel Elamrie de Beer by 084 559 0130.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button