CrimeNews

Krugersdorp-raaiselmoord prikkel top speurder

Top privaat speurder ondersoek die moord van 'n Krugersdorp-Wes tiener.

‘n Voormalige lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het onlangs op ‘n artikel oor die raaiselagtige moord van Tinus Coetzee afgekom en besluit hy wil help.

Daryl Els was verbonde aan die polisie se moord-en-roofeenheid en hoofondersoekbeampte van die nou ontbinde spesialiseenheid, die Skerpioene.

Die agtienjarige Coetzee se liggaam is in Junie vanjaar langs ‘n nagklub in Krugersdorp-Wes gevind en polisie het aan die news gesê dat ‘n moorddossier geopen is.

Geen arrestasies is tot dusver gemaak nie.

Privaat speurder Daryl Els vertel dat hy dadelik geweet het dat hy iets vir die gesin kan beteken toe hy van hul hartseer en onbeantwoorde vrae in die koerant lees.

“Ek was onmiddellik oortuig dat ek in samewerking met die polisie die saak sal kan help oplos,” sê hy.

Nasionale media het al verslag gedoen oor verskeie sake wat Els opgelos het; sommiges binne etlike dae.

In 2011 het Els die dagblad Pretoria News gehaal omdat hy die moord van ‘n ene Piet van den Berg van Cullinan binne dae opgelos het nadat polisie meer as drie maande geen leidrade gehad het om op te volg nie.

Els vertel dat hy van Van den Berg se moord op Carte Blanche te hore gekom het.

Hy het die familie ‘n bedrag van R10 vir sy dienste gevra en dit bloot omdat hy volgens wet verplig word om gelde te eis.

Vir die vermoorde Coetzee se familie het Els nou aangebied om dieselfde te doen.

Els is oortuig dat die saak saam met die polisie opgelos kan word en is reeds besig om leidrade op te volg. ‘n news-joernalis het onlangs van ‘n afstand af toegekyk toe Els die toneel waar die moord plaasgevind het, gefynkam het.

“Hier is meer as genoeg om mee te werk,” is al wat hy wou sê.

Coetzee se ma Monica Jansen van Rensburg sê Els se belangstelling in die saak is ‘n antwoord op haar gebede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button