Die news het vandag geleer dat die kinderverkragte Mathys van Zyl vandag (28 Oktober) 20 jaar tronkstraf toegedien is deur regter George Maluleke in die Suid-Gauteng Hooggeregshof.
Kinderverkragte se dade glo nie so erg nie
22 Oktober 14.50nm
Die Suid-Gauteng Hooggeregshof het gister gehoor hoe Mathys van Zyl sy vinger gebruik het om sy driejarige slagoffer te verkrag.
Volgens Van Zyl se prokureur, kan dit as minder ernstig beskou word as wanneer ‘n man sy geslagsdele gebruik om ‘n kind te verkrag.
Aan die begin van die jaar het die news berig oor die voorval op ‘n kleinhoewe in die Krugersdorp-Wes gebied en dat Van Zyl kort daarna gearresteer is.
Na maande van hofverskynings en die een na die ander gedetailleerde verklaring is Van Zyl uiteindelik skuldig bevind en sal op 28 Oktober gevonnis word.
Hy is onder andere op aanklag van seksuele aanranding skuldig bevind op grond van verskeie bewysstukke wat getuieverklarings insluit.
Die slagoffertjie en haar tweelingsussies was saans in die sorg van ‘n dagsorgjuffrou toe die voorvalle plaasgevind het. Van Zyl het glo tydelik by die onderwyseres gebly en die dogtertjies se familie was nie bewus daarvan nie.
Die stellings is voor die hof gebring in ‘n poging om regter George Maluleke te probeer oortuig om Van Zyl se vonnis tot die minimum vonnis te beperk en hom nie lewenslange tronkstraf op te lê nie.
Die driejarige se familie was glo hewig onsteld oor die prokureur se argument toe die hof verdaag is.
‘n Maatskaplike werker wat die kind (nou 4) en haar tweelingsussies vir trauma behandel, het ook getuig.
Die tweelingsussies, 8, het glo alles deur ‘n oop badkamerdeur voor hulle sien afspeel.
Die werker het getuig dat die kind, voor die voorval, ‘n gesonde peuter was maar weens die trauma van die voorval nou baie aggressief teenoor haar gesin is, hiperaktief is en sukkel om te slaap. Die dogtertjie kon glo in detail vertel presies wat gebeur het en hoe “oom Thys haar ge-eina het”.
Die tweelingsussies ly ook aan erge trauma, veral na hulle moes getuig hoe oom Thys hul sussie gepenetreer het.
Die news hou lesers op hoogte.
Verwante artikel:
• Kinderverkragter skuldig bevind
