Local sportUpdate

Milan verower silwer by Jeug Olimpiese Spele

Met ’n sprong van 1.74 m het die jong hoogspringer haarself tussen die wêreld se beste jeugatlete gevestig.

Milan Blignaut van Hoërskool Monument het Suid-Afrika se vlag hoog laat wapper toe sy ’n silwer medalje in die vroue-hoogspringafdeling by die Dakar 2026 Jeug Olimpiese Spele in Senegal verower het.

Blignaut het op 10 November tot die eindstryd deurgedring en op die laaste dag van die spele met ’n tweede plek weggestap, volgens Team South Africa se amptelike webwerf.

Haar prestasie het Suid-Afrika se medaljetelling by die spele op 11 te staan gebring.

• Lees die vorige artikel hier: Monnas-atleet gekies vir internasionale Olimpiese byeenkoms

Blignaut het sterk teenstand van ’n atleet van Koeweit gekry. Die twee was die enigste deelnemers wat daarin kon slaag om 1.74m oor te spring. Blignaut kon egter nie die volgende hoogte van 1.76m haal nie en het sodoende die silwer medalje ingepalm.

“Ek is in skok! Ek het nie verwag om ’n medalje te wen nie, veral nie ’n silwer medalje nie. Ek is so bly en dankbaar teenoor almal wat my ondersteun het. Tot op hierdie oomblik is dit die hoogtepunt van my sportloopbaan, en ek hoop om my atletiek, veral hoogspring, so ver moontlik te neem.

“Ek is so bly om hier as ’n medaljewenner van die Jeug Olimpiese Spele te staan. Dit voel onbeskryflik,” het sy op die webwerf gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button