Local newsNews

Afslaers pronk in pienk vir kanker

‘n Totaal van R20 101,05 is aan Pink Drive geskenk.

In die gees van Borskankerbewustheidmaand het die personeel en eienaars van ‘n plaaslike besigheid besluit om hulle harte en beursies vir dié doel oop te maak.

In pienk getooi het die personeel van Mogale Auctioneers Saterdag 25 Oktober ‘n pakhuis vol goedere opgeveil met die doel om ‘n gedeelte van die oprengs aan Pink Drive – ‘n erkende borskankervereniging – te skenk.

“Met die liefdadigheidsprojek het ons ‘n totaal van R20 101,05 ingesamel,” vertel Loraine Norval van Mogale Auctioneers.

Afslaer Philip Theron veil goedere op ten bate van Pink Drive.
Afslaer Philip Theron veil goedere op ten bate van Pink Drive.

“Ons het meer as 160 registrasies gehad, en meer as 460 mense het die pienk dag saam met ons geniet,” sê sy.

Mogale Auctioneers-afslaer Philip Theron sê dat die donasie nie moontik sou wees sonder die ondersteuning van hul gereelde kliënte wat op die dag opgedaag het nie.

Personeellid by Mogale Auctioneers, Angelique Steenkamp sê dit was ‘n voorreg om die projek te kon reël en daar sal beslis soortgelyke projekte volg in die toekoms.

Verwante artikels:

• 10 facts about breast cancer that could save your life

• How to do a breast self-exam: what every woman should know

• Bootcampers sweating for a cause

 
Back to top button