Local newsNews

[VIDEO + GRAPHIC]: Kroningspark-verskuiwing nou ‘n realiteit

Inwoners van Kroningspark sê alhoewel hulle baie hartseer is oor die hervestiging, sien hulle uit na 'n nuwe begin.

Die inwoners van Kroningspark besef dat dit tyd geword het om te trek.

Hulle het aan die news vertel van die plek wat hulle leer ken en voor lief geraak het, maar nou ingevolge ‘n hofbevel moet verlaat om in Munsieville hervestig te word. Die Rooimiere is reeds besig om strukture vir hulle daar op te rig.

“Dié was my tuiste en dit was lekker, so ons is natuurlik baie hartseer om hier weg te gaan. Ongelukkig het ons nie ‘n ander keuse nie”Inwoner Anna Kruger

‘n Handvol inwoners gaan as deel van ‘n projek op ‘n kleinhoewe in Tarlton woon.

Munsie6
Kliek op die grafika vir ‘n groter weergawe.

Robert Gunter, 51, wat saam met sy vyfjarige seun Marcel woon en elke dag reeds vroeg uit die kooi is om herwinbare items in die dorp bymekaar te maak en op sy trollie te laai, sien uit na die groot trek.

“Dit sal vir my baie beter wees as nou – daar sal ek leer om selfstandig te wees sonder dat mense vir my probeer voorskryf wat ek mag en nie mag doen nie.”

Robert Gunter en sy vyfjarige seun Marcel sien uit daarna om 'n nuwe begin in Munsieville te maak.
Robert Gunter en sy vyfjarige seun Marcel sien uit daarna om ‘n nuwe begin in Munsieville te maak.

Gunter sê hy het kolonkanker en tuberkulose waarvoor hy behandeling ontvang. ‘n Deel van die R320-kindertoelaag wat hy maandeliks van die regering ontvang word glo boonop gesteel.

“Ek het nie ‘n selfoon nie, maar lugtyd word gekoop. Wat nog vreemder is, is dat ek nie eens elektrisiteit het nie, maar voorafbetaalde elektrisiteit word aangekoop. Dit is kos wat uit my kind se mond gesteel word,” sê Gunter.

Robert Gunter met die bewys dat sy vyfjarige seun Marcel se kindertoelaag onregmatig gebruik word vir onder meer lugtyd en voorafbetaalde elektrisiteit.
Robert Gunter met die bewys dat sy vyfjarige seun Marcel se kindertoelaag onregmatig gebruik word vir onder meer lugtyd en voorafbetaalde elektrisiteit.

“Ek het al telkemale probeer om uit te vind wat aangaan, maar het nog geen antwoorde gekry nie.”

Anna Kruger en haar gesin woon reeds sowat agt jaar in die park en sê sy wil ook Munsieville toe gaan omdat dit nader aan haar ander kinders, die dokter en ander geriewe is.

Anna Kruger sê alhoewel sy die atmosfeer by Kroningspark gaan mis is sy reg om in Munsieville te gaan bly.
Anna Kruger sê alhoewel sy die atmosfeer by Kroningspark gaan mis is sy reg om in Munsieville te gaan bly.

“Dié was my tuiste en dit was lekker, so ons is natuurlik baie hartseer om hier weg te gaan. Ongelukkig het ons nie ‘n ander keuse nie,” sê sy.

• Kinderlose inwoners moet reeds teen 1 November verskuif wees terwyl huishoudings met kinders en bejaardes kans tot 15 Desember het om te trek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button