Nuwe waghonde vir Sektor 9
Sektor 9 het nuwe waghonde maar het nog patrolleerders nodig.
Inwoners van Mindalore kan weereens rustig slaap na die verkiesing van dié buurt nuwe waghonde.
Die waghonde oftewel die Lewisham/ Mindalore Sekor 9 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en het reeds vroeg in November begin om die area te patrolleer.
Alhoewel die sektor steeds op soek is na nuwe lede het die voorsitter Leon Ehrke, solank opleidingskursusse in plek gestel vir patrolleerders.
“Ons is op soek na jong manne wat bereid is om in die gebied te patrolleer en te help om ons area ‘n veiliger plek te maak,” versoek Ehrke.
Aansoekers moet bereid wees om ‘n agtergrondsverklaring by die polisie te gaan doen om hulle skoon misdaadrekord te bevestig.
Die sektor se radionetwerk is ook sedert 11 November in werking en radio’s kan teen R900 elk by die voorsitter bestel word.
Addisionele patrolleerders is ook nodig om die uitgebreide area van Mindalore net duskant Chamdorweg te beman.
Die grootste uitdaging wat die nuwe sektor tans ervaar is die behoefte aan gewillige patrolleerders asook nuwe lede.
“Kom ons werk saam om ons area ‘n veilige woonplek te maak vir ons en ons mense.”
Vir meer inligting of om by die Sektor 9 GPF aan te sluit, kontak gerus vir Leon Ehrke by 082 785 6816.
