Local newsNews

Tref die regte voorsorg vir jou oudag

Volgens studies kom slegs 51 per sent maandeliks met hulle pensioen uit terwyl 'n derde daarvan nie eens die mediese uitgawes kan dek nie.

Al wil baie mense nie nou daaraan dink nie, is vandag dalk die beste tyd om oor jou oudag te besin.

Met hierdie woorde het Johan Borcherds, ‘n finansiële beplanner van PSG Wealth sy praatjie Bestuur jou verwagtinge tydens ‘n Rotariërklub Sake-ete by die Golden Age Village in Wentworthpark begin.

Borcherds het veral gepraat oor die idee rondom beleggings vir ‘n mens se aftrede.

“Daar is heelwat verwarring rondom beleggings en die manier waarop dit bestuur kan word. ‘n Mens dink dat dit altyd goed sal verloop, maar dan besef jy dat dit in werklikheid nie altyd so maklik is nie,” verduidelik hy.

“Soms is daar berge en dale wat veroorsaak dat dit anders opeindig.”

Wanneer dit kom by ‘n mens se aftrede is dit deesdae nie meer ‘n lekker idee nie. Volgens studies kom slegs 51 per sent maandeliks met hulle pensioen uit terwyl ‘n derde daarvan nie eens die mediese uitgawes kan dek nie.

‘n Verdere 61 per sent van pensioenarisse leef net van dag tot dag, 33 per sent het nog skuld om af te betaal en 53 per sent het volwasse afhanklikes waarvoor hulle moet sorg.

“Al hierdie maak ‘n mens bang oor jou oudag en daarom moet jy spaarfondse hê wat jou ten minste nog vir 25 jaar sal kan dra na jou aftrede,” sê Borcherds.

Hiervoor moet ‘n mens ‘n goeie beleggingstrategie ontwikkel sodat daar genoeg kontant sal wees vir dag tot dag uitgawes.

Hy sê alhoewel Suid-Afrika se aandele nie so rooskleurig is in vergelyking met die groei in die Verenigde State van Amerika nie en dus ons ekonomiese groei onder druk plaas en inflasiekostes steeds laat styg is aandele steeds die regte bateklas.

“Dit blyk om die bateklas te wees wat die grootste waarskynlikheid het om inflasie oor ‘n tydperk te kan klop.”

Nog ‘n vraag is of ‘n mens nog jou hardverdiende geld na die buiteland moet skuif om rente daarop te verdien, antwoord Borcherds ja.

“Die rand kan oor die volgende vyf jaar nog verwesenlik verswak. Op hierdie manier bied die buiteland ‘n beter opbrengste.”

Hy sluit af deur te sê dat positiwiteit die slotsom is.

“Ons bly positief oor die langtermyn vooruitsigte van aandele en reken dat dit steeds die beste beleggingsopsie vir ‘n mens se oudag is.”

Verwanter artikels:

• Rotary Club announces new president

• Community-based safety magazine receives recognition from local Rotary club

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button