Local newsNews

Monument Dam se waggelendes weer onder vergrootglas

Die vermindering van ganse en eende by die dam is gebaseer op die aanbevelings van Gauteng Natuurbewaring.

Key West Winkelsentrum word weereens blameer vir die glo onmenslike manier waarop die ganse en eende behandel word.

Die news het talle oproepe ontvang van besoekers aan Pretorius Park, oftewel Monument Dam wat opgelet het dat meeste van die voëls daar verwyder is en dié wat agtergebly het vreeslik sukkel om rondom die nuwe ontwikkelings van die sentrum te beweeg.

Vroeër vanjaar het die news oor die dam verslag gedoen en bevestig dat dit die verantwoordelikheid van die plaaslike raad is.

Die news het dadelik Key West se bestuur benader om die huidige situasie te bespreek.

“Ten tye van die eerste berig oor die uitdagings wat die munisipaliteit ervaar het met die oorbevolking van die ganse en eende by die Monument Dam is daar breedvoerig gesprek gevoer met die news.

“Soos voorheen verduidelik behoort Monument Dam aan Mogale City Plaaslike Munisipaliteit en nie aan Key West Winkelsentrum nie. In die koerantberig wat gevolg het is die geleentheid aan die publiek gebied om net ‘n sekere hoeveelheid van die mak ganse en eende te vang en aan te hou. Verskeie belangstellendes het geskakel en na ‘n keuringsproses het die munisipaliteit hulle gemagtig om ‘n sekere aantal van die ganse en eende te neem in samewerking met Key West Sentrum se sekuriteitsafdeling. Die munisipaliteit wil nie al die ganse en eende verwyder nie maar beoog om die getalle te beperk tot aanvaarbare vlakke,” lees ‘n verklaring deur die sentrum se bestuurder.

Die vermindering van ganse en eende by die dam is gebaseer op die aanbevelings van Gauteng Natuurbewaring na ‘n deeglike ondersoek oor die beskikbaarheid van broeiplekke, uitbastering van mak en natuurlike ganse en eende, beserings wat hierdie diere opgedoen het, ens.

Volgens die munisipaliteit word die mak voëls wat verwyder is in goeie omstandighede aangehou deur diereliefhebbers wat baie moeite doen vir die diere.

Gauteng Natuurbewaring het ook aanbeveel dat die publiek die voëls om die volgende redes nie moet voer nie: dit bevorder swak voeding, verspreiding van siektes, besoedeling, oorbevolking, onnatuurlike gedrag en konflik met die mens en vertraag migrasie.

Met behulp van ingenieurs se insette is al die steil walle rondom die dam afgeplat en met rotse bedek om enige verdere erosie te voorkom, sodat daar maklike toegang tot en uit die dam is, selfs vir klein eendjies of gansies.

Verwys asseblief enige verdere navrae rakende die situasie na die Gauteng Natuurbewaring by telefoonnommer 011 951 2114.

Verwante artikels:

• Monument Dam amper weer tops

• Key West: dam remains municipal property despite upgrades

• Dam en sy bewoners word afgeskeep

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button