CrimeLocal newsNews

Sektor 3 se ster-patrolleerder

Joe Huggil ontvang die trofee vir die patrolleerder van die jaar vir Sektor 3.

Die Sektor 3 Gemeenskapspolisiëringforum (GPF) het hulle blinkste ster vir die jaar by hulle maandelikse sektorvergadering in Krugersdorp aangewys.

Die byeenkoms is soos gewoonlik in die saal van die NG Kerk Krugersdorp-Noord gehou maar hierdie vergadering het uit meer as net misdaadstatistieke en slegte nuus bestaan.

Die GPF vir Joe Huggil as hulle patrolleerder van 2014 aangewys.

Huggil is ook die kampopsigter van die Serondi Valley Christelike Sentrum in Cecil Knightstraat. Hy is verantwoordelik vir die dagpatrollie en is soms vyf tot ses uur op ‘n slag aan die patrolleer.

Hy patrolleer altyd met sy kamera om sy nek ingeval hy op ‘n verdagte afkom. Hy neem dan dadelik ‘n foto en rapporteer dit.

Die ander sektorlede sê Huggil het boonop ‘n besondere vermoë om die rigting te bepaal waaruit klank kom.

“Joe is altyd bereid om te help, misdaad te voorkom en sy medemens by te staan,” vertel woordvoerder vir die sektor, Rinie Oosthuizen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button