Grain Care bederf bejaardes weer
Grain Care, 'n niewinsgewende organisasie het 420 bejaardes bederf.
Die bekroonde Afrikaanse sangeres Sonja Heroldt het verskeie bejaardes van die Wes-Rand met haar musiek by Mount Usambara vermaak.
Sowat 420 bejaardes is deur Grain Care, ‘n niewinsgewende organisasie van Randfontein, wat uit drie maatskappye naamlik Unigrain, Grain Carriers en Grain Logistics bestaan, uitgenooi om die dag saam met hulle deur te bring.

Mariaan le Roux van Grain Care sê hulle hou dié funksie elke jaar om iets aan die bejaardes te kan teruggee en hulle so ‘n bietjie spesiaal te laat voel.
Met lekker warm koffie, ‘n heerlike bord kos en verskeie geskenkpakkies wat deur verskeie borge geskenk is, het elke persoon na die tyd met ‘n glimlag op hulle gesigte huis toe gegaan.
“Ons is baie bly dat hulle ons uitnodiging aanvaar het om hulle ‘n bietjie te bederf.”
Sy sê hulle gee elke jaar ‘n aantal uitnodigingskaartjies aan verskeie ouetehuise en dan besluit die sorgsentrums wie moet gaan.
Verwante artikels:
• Spesiale bederf vir bejaardes
