Local newsNews

Lank leef sy nalatenskap

Kroegbesoekers sê hul name word daagliks op 'n register afgemerk en moet sieknotas indien as hulle nie die vorige dag aangemeld het nie.

Na die tragedies dood van die eienaar van die Witpoortjie Hotel en Kroeg vroeër vanjaar het sy weduwee die leisels van die legendariese onderneming oorgeneem.

Sarie Mullaney wil finaal die los tonge stil maak en haar lojale kliënte verseker dat alhoewel hulle in Julie van Johnny moes afskeid neem, die kroeg steeds oop is.

Die Mullaney-egpaar is reeds die afgelope 14 jaar die trotse eienaars van die kroeg en die drankwinkel.

Johnny is oorlede nadat hy vir sowat drie weke in ‘n koma was nadat sy dikderm aangetas was.

“Hierdie is ‘n geskiedkundige plek,” het Sarie gesê terwyl sy na die ou foto’s teen die mure beduie wat tot 1848 terugdateer.

Hierdie kroeg is nie jou alledaagse watergat nie, maar eerder ‘n ontmoetingspunt vir verskeie mans van verskillende agtergronde. Met gemerkte sitplekke vir die gereelde ‘troepe’, sit die mans om die ‘konferensietafel’, soos hulle dit noem en ruil resepte uit en bespreek sportgebeurtenisse in diepte.

“Hier bespreek ons alles behalwe vrouens,” het Skallie van Schalkwyk die news verseker. Hy besoek die kroeg al die afgelope 42 jaar vir sy gunstelinglafenis.

“Ek onthou die dae toe Hoofrifweg nog ‘n grondpad was.”

Die kroeg raak soms so vol dat hul liefs die televisie afskakel om mekaar beter te hoor.

Die troepe vertel dat die Mullaneys elke dag register neem om te sien wie teenwoordig en wie afwesig is, en sou jy nie daardie dag opdaag nie, moet jy ‘n sieknota inlewer.

“My vrou sê altyd hierdie is my speelgroepie,” lag Johan Niemand – of Johan Kaste soos hy in die kroeg bekend staan.

Elke gereelde kliënt het ‘n bynaam wat hulle met verloop van tyd vir mekaar gee.

“Ek wil graag my gewaardeerde kliënte verseker dat ons besigheid steeds voortgaan soos in die verlede.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button