Local newsNews

Magalies stoomtreinritte blyk ‘n sukses te wees

Besoekers aan Magaliesburg kry die kans om die ekonomie 'n hupstoot te gee – op 'n stoomtrein.

Tjoo! Tjoo!

Met hierdie klanke het Susan die stoomtrein haar terugkeer na Magaliesburg aangekondig toe sy nagenoeg 300 gaste na dié plattelandse dorpie gebring het.

Jare lank was die Magaliesburg Treinstasie stil en vervalle, maar met die ingryping van die inwoners is die Magalies Ontwikkelingsinisiatief gestig om hierdie stasie weer vol voete te kry.

Dit gee ook plaaslike entrepreneurs die kans om hulle produkte op Markdag uit te stal en te verkoop wanneer die stoomtrein – beter bekend as die Magalies Express – sy maandelikse pretrit tussen Parkstasie in Johannesburg en Magaliesburg onderneem.

CJ Weich, 'n sjef van Reefsteamers kyk deur 'n ruit van die stoomtrein voordat hulle rit terug na Johannesburg.
CJ Weich, ‘n sjef van Reefsteamers kyk deur ‘n ruit van die stoomtrein voor hulle rit terug na Johannesburg.

Sam Savage, een van die organiseerders het gesê hulle het met Reefsteamers ooreengestem om die stoomtrein tussen Parkstasie en Magaliesburg te bedryf.

“Ons probeer mense na ons area lok en terselfdertyd die plaaslike ekonomie aan die gang hou.”

Mark Helfrich met van die items wat hy by sy stalletjie te koop aanbied.
Mark Helfrich met van die items wat hy by sy stalletjie te koop aanbied.

Sy sê hulle plan is om die Markdag so aan te bied dat mense dit so geniet dat hulle net weer sal wil terugkom en nog mense sal saambring.

“Ons bou nou al ses maande lank aan ons Markdagprojek. Ons het ook ‘n huurkontrak met Transnet gesluit om die stasie te bestuur.”
Sam sê die plan is om die stasie weer te kry soos dit 100 jaar gelede gelyk het.

“Daar sal selfs ‘n restaurant ingerig word. Ons wil ook in die week ontwikkelings- en lewensvaardighede aan die inwoners bied sodat hulle selfstandige entrepreneurs kan word.”

Swannie Swanevelder gebruik sy handgemaakte marionetpoppe om stories aan die kinders te vertel.
Swannie Swanevelder gebruik sy handgemaakte marionetpoppe om stories aan die kinders te vertel.

Besoekers aan Magaliesburg het die piekniekatmosfeer langs die Blaauwbankrivier en party het ‘n vleisie op die kole gebraai.

Dié wat ‘n aandenking wou koop kon dit by die verskeidenheid stalletjies doen.

Swannie Swanevelder die kinders met sy handgemaakte marionette vermaak en stories vertel terwyl ander ponieritte kon neem.

Dié manne van die Imvelaphi Yethu Kuns en Kultuur Koöperasie met van die goedere wat hulle uit draad met die hand maak. Van links is Emmanuel Motshegwa, Smart Motshegwa, Itumeleng Jankens en Lucky Qalinge.
Dié manne van die Imvelaphi Yethu Kuns en Kultuur Koöperasie met van die goedere wat hulle uit draad met die hand maak. Van links is Emmanuel Motshegwa, Smart Motshegwa, Itumeleng Jankens en Lucky Qalinge.

Die volgende stoomtreinrit sal eers op 24 Januarie volgende jaar wees aangesien die rit vir Desember reeds volbespreek is.

Vir meer inligting kontak vir Sam Savage by 082 620 6369 of per epos by sam@dreamlodge.co.za.

• Reefsteamers, ‘n Artikel 21 nie-winsgewende organisasie, is by die Transnet Erfenisstigting geaffilieer.

Marie Foxcroft beman die Wriggly Tin Farm stalletjie.
Marie Foxcroft beman die Wriggly Tin Farm stalletjie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button