‘n Dag in ‘n sekswerker se hoëhakskoene
'n Sekswerker het 'n brief geskryf waarin sy vertel hoe moeg sy vir seks is en hoe sy gril elke keer as sy 'n man sien.
‘n ‘Dame van die nag’ het ‘n brief aan die news geskryf waarin sy vertel van haar lief en leed as ‘n sekswerker en die struikelblokke wat daarmee gepaard gaan.
Die brief gee meer insig in ‘n tipiese dag in hoëhakskoene op straat. Daarin word ook vertel van die tol wat die swak ekonomie eis en hoe sy al hoe meer kliënte moet ‘bedien’ om haar duur dwelmskuld aan die buitelanders af te betaal. In die brief noem sy dat besigheid swak is, wat dit vir hulle moeilik maak om genoeg geld te maak vir dwelms.
Sy beskryf die pyn van die onttrekkingsimptome wat sy ervaar omdat sy verslaaf is aan heroïen.
Sy vertel ook hoe sy angstig wag op haar pimp om haar uit die kamer te laat om te gaan bad en om vir haar ‘n fix te gee.
Wanneer haar pimp uiteindelik by die woonstel opdaag kan hulle gaan bad en regmaak om te gaan werk vir die aand.
“Hy beter my genoeg dwelms gee om my deur die aand te help.”
Die news verstaan dat die sekswerkers nie net op straat werk nie maar ook na ontkleeklubs geneem word om ekstra geld te verdien.
‘n Betroubare bron bekend as Mr Luckycharm verklap aan die news dat die pimps selfs so ver gaan om die werkers op Gumtree te adverteer om die besigheid te bevorder.
“Ek is moeg vir seks. Ek gril as ek ‘n man sien. Die dinge wat ek verduur is dinge wat hy nie aan sy eie vrou sal doen nie. Ek beter genoeg dwelms vat sodat ek dit beter kan hanteer en verwerk,” skryf sy in die brief.
Na lang ure in klubs en op straat sal die sekswerkers eers sowat drieuur die oggend terugkeer woonstel toe waar hulle dan weer ‘n fix moet kry om te kan slaap.
“Ek beter nie te veel aangaan met hom nie, anders slaan hy my weer.”
Maar die boodskap wat herhaaldelik in die brief deurkom is die desperate noodkreet van ‘n uitgeputte sekswerker.
“Niemand wil my help nie, Here hoe het ek hier beland? Here ek was dom en het ‘n groot fout gemaak.”
Verwante artikels:
• Almost 70 ‘ladies of the night’ arrested
• Owners losing the battle against drug and prostitution trade
• Krugerdorp’s women of the night: a sad reality
