Local newsNews

Vrede die wenresep vir gesonde huwelik

'n Getroude paartjie van Krugersdorp-Noord het onlangs hulle 60ste huweliksherdenking gevier.

Die liefdeskers brand reeds 60 jaar lank vir ‘n getroude paartjie van Krugersdorp-Noord en daarvoor verdien hulle beslis ‘n toekenning.

Koos, 83, en Dina Breet, 81, het vir mekaar begin ogies maak toe hulle deur vriende aan mekaar voorgestel is. Die res is soos ‘n mens sou sê geskiedenis.

Dina het gesê hulle was so verlief toe hulle in 1952 met mekaar begin uitgaan het dat ‘n verloofring met ‘n groot diamant glad nie vir haar saakgemaak het nie toe Koos haar om haar hand gevra het.

“Ringe was so vrek duur, ek het die geld toe eerder gevat en vir ons meubels gekoop!”

Twee jaar later het die paartjie die knoop by die Nederduitsch Hervormde Kerk in die Krugersdorpse middedorp deurgehaak toe wyle ds Kálmán Papp hulle in die huwelik bevestig het.

Met hulle herdenking het hulle seun Nick hulle met ‘n heerlike ete bederf terwyl hulle saam met ander familielede gekuier het.

Die paartjie het ook ‘n tweeling, Sue en Thea.

Toe daar gevra is wat die wenresep vir ‘n lang, gelukkige en gesonde huwelik is het Koos gou geantwoord dat ‘n mens nooit moet baklei nie.

“As jy kwaad word, loop liewers van die situasie af weg, want ‘n mens kan altyd seermaakwoorde spreek wat nooit weer teruggetrek kan word nie, selfs al sê ‘n mens jammer.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button