Harde werk is sy beloning
Armand du Plessis sal aan die einde van die maand hoor of hy die kroon as die nuwe Mnr Suid-Afrika gaan dra nadat hy as een van 12 finaliste aangewys is.
Al is hy vol vertroue dat hy goed sal vaar in die Mnr Suid-Afrika kompetisie, is die slapelose nagte vir eers nog nie verby nie.
Armand du Plessis van Ruimsig aan die Wes-Rand is een van die 25 finaliste wat vanoggend 13 Januarie gehoor het dat hy aangewys is as een van die 12 finaliste wat aan die einde van die maand sal hoor wie as die volgende Mnr Suid-Afrika gekroon gaan word.
Die kroning sal tydens ‘n spoggeleentheid by EnGedi in die Wieg van die Mensdom plaasvind.
Du Plessis het verlede jaar aan die news gesê hy is nog die heeltyd positief oor die kompetisie en skryf sy sukses toe aan harde werk.
Rudi Baker, hoof uitvoerende beampte vir die Mnr Suid-Afrika franchise het op sy beurt gesê dat vanjaar se slagspreuk, Man van Eer, meer is as net ‘n slagspreuk om die kompetisie te bemark.
“Ek glo dat ‘n man van eer se filosofie sal wees om ‘n gedagte te verweef in alles wat ons sê, alles wat ons deel en ook in alles wat ons doen. Na ‘n uitmergelende ‘oefenkamp’ van een jaar sal Suid-Afrika se Man van Eer ongetwyfeld die soort rolmodel wees na wie seuns en mans kan opkyk.”
Die ander deelnemers wat tot die finaal deurgedring het, is André Faro (Pretoria), Geo Botha (Pretoria), Morné Emery (Pretoria), Themba Nkolele (Pretoria), Ditiro Rantloane (Midrand), Jaco Gerrits (Midrand), Krüger Swart (Midrand), Morné Marais (Kaapstad), Pieter du Plessis (Johannesburg), Sibusiso Sibanda (Kaapstad) en Wiehan Riekert (Vanderbijlpark).
Verwante artikels:
