Vrou van Krugersdorp-Noord vermis
'n Vrou wat in Krugersdorp-Noord woonagtig is, is amper twee weke laas gesien.
Die Krugersdorpse polisie is opsoek na inligting wat kan help met die soektog van ‘n 32-jarige vrou wat sedert 12 Februarie vermis is.
Krugersdorp-Noord inwoner Celeste Melanie Pienaar, wat as ‘n boekhouer by ‘n onderneming in Roodekrans werk, is laaste daar saam met ‘n vriend van haar gesien.
Die polisie vermoed dat dié vriend, die 32-jarige Donovan Scheepers, hulle kan help in die soektog na haar. Sy ry ‘n goudkleurige Toyota Corolla met registrasie nommer ZKF 045 GP.
Intussen is die 14-jarige Nikita Angelique Bekker, ‘n leerling van die Hoër Tegniese Skool Nic Diederichs, steeds vermis.
Die polisie het gesê hulle het al talle leidrade opgevolg oor waar sy haarself kan bevind, maar meer as ‘n maand later is sy steeds nie gekry nie.
Sy was laaste op 17 Januarie gesien waar sy ‘n pienk top, blou jeans en grys stewels aangehad het.
Inligting dui daarop dat sy goud-bruin kleurige hare en ‘n gemiddelde liggaamsbou het. Sy is sowat 1,4m lank.
Indien enigiemand meer inligting oor Pienaar het kan hulle vir Sersant Henning van die polisie by 082 778 5938 kontak of oor Nikita vir Kolonel Van Staden by 082 498 9484.
