Local newsNews

Raad daag nie op by vergadering oor Appelpark-huise

Inwoners van Appelpark is deur DA-raadslid Jakkie Naudé toegespreek oor die verwikkelings rondom Appelpark se huise.

Meer as 50 inwoners van Appelpark het by die Burgershoop Gemeenskapsentrum hulle stemme gaan dik maak omdat daar gesloer word met die oorhandiging van huise.

Jakkie Naudé, DA-raadslid vir dié wyk het die inwoners toegespreek. Hulle is ook ontevrede omdat sommige mense wat reeds huise ontvang het, nie die kontrak dat hulle huise eers na agt jaar verkoop mag word, nakom nie.

DA-raadslid Jakkie Naudé gee vir die Appelpark-inwoners die inligting wat hy oor die huise verkry het.
DA-raadslid Jakkie Naudé gee vir die Appelpark-inwoners die inligting wat hy oor die huise verkry het.

Altesaam 166 huise in Appelpark wat voorheen aan die provinsiale administrasie behoort het, is intussen aan die Mogale City Stadsraad oorhandig. Hulle het reeds die sleutels van 66 huise aan inwoners wat daarvoor in aanmerking gekom het, gegee.

Die laaste keer wat huise oorhandig is, was vier jaar gelede in 2011.

Die inwoners van die ander 100 huise wat hulle tans by die Stadsraad huur, wil weet wanneer hierdie huise aan hulle oorhandig gaan word. Een huis het reeds sowat agt jaar gelede tot op die grond afgebrand. Intussen sukkel die bewoners om die Stadsraad wat alle skade moet herstel, sover te kry om hulle deel te doen.

Talle inwoners het verduidelik hoe hulle met verouderde kragbokse en bedrading tevrede moet wees, wat nie net lewensgevaarlik is nie maar ook ‘n kortsluiting kan veroorsaak wat die huise kan laat afbrand.

Rosie Deyzel, Heidi Donaldson en Meisie Botha praat hier oor die probleme wat hulle met die huise in Appelpark ondervind.
Rosie Deyzel, Heidi Donaldson en Meisie Botha praat hier oor die probleme wat hulle met die huise in Appelpark ondervind.

Ander sukkel weer dat die Stadsraad geisers wat gebars het en ook die plafonne beskadig het, te kom vervang.

Naudé het gesê hy is bewus van agt huise wat tans in die mark is en het die vergadering ook só gereël dat Korporatiewe Dienste en die Behuisingsdepartement dit kon bywoon. Daar was egter nie een van hulle verteenwoordigers op die vergadering nie.

Om die situasie te vererger moes Naudé die inwoners buite op die grasperk toespreek omdat die saal wat hy geglo het hy reeds ‘n maand tevore bespreek het, nie beskikbaar was nie.

Dit is glo nie die eerste keer dat dubbelbesprekings hier voorkom nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button